You are not logged in Login now
Daar is n nuwe tendens wat nou rêrig begin om my irritasie-vlakke deur die dak te laat styg. Blykbaar is dit nou cool vir die aanstaande bruidegom om net voor sy troue al wat leef en beef (in die geval by Jock& Java) te irriteer met n gebedel en mannewales wat hoort in chimp Eden. Hy word gewoonlik gevolg deur n hele battery idiote wat meer geraas maak as vuvuzelas en bloot daar is om die arme sot se geld uit te drink. Vir my is dit eenvoudig. Meneer, as jy nie geld het nie, moet dan nie trou nie!
Saterdagmiddag kuier ek en n vriendin met die intensie om te ontspan oor n wyntjie en bietjie met mekaar op te vang. Dis die hele punt van die uitstappie -rustigheid. Die bruidegom storm daar in in n tutu (wat hom omtrent nie pas nie en n goedkoop grys onderbroek - mens sou dink vir die geleentheid sou hy belê in iets klassiek) Hy't meer selluliet om die bobene as ek, wat my vir n oomblik beter later voel. Dus meneer is defnitief nie n Brad Pitt nie. Net toe ons dink ons het nou alles beleef, voer hy n buk uit wat ons net mooi alles laat sien, ek dink selfs meer as wat vir sy bruid beskore was, en ek stik in my drankie. Ag nee sies man, ek is alles gewoond maar wragties, so commin het ek lanklaas beleef. Vir die aanstaande bruid wil ek net sé: 'Sjoe girl, what are you thinking?" As ek jy is hardloop ek Hy en sy trawante
val toe verder die plek stukkend en breek glase dat ek naderhand wonder of ek my nie dalk in n Griekse restaurant bevind nie.
Wys maar net weer - klas kan jy nie koop of dit raaktrou nie. Ek dink dis tyd dat die bestuur optree teen sulke swape, want dis beslis nie goed vir besigheid nie. Heelwat mense het tydens hierdie sirkusvertoning besluit om maar liewer elders vrede te gaan soek.
Nogal skrikkerig om te dink dat hy nasate gaan hê!
Hoe laat jy my nou giggel! Baie goed geskryf!
Posted 8 Feb 2010 by Woepies
Dis super scary as dit actually iemand is wat jy ken! Dit was bietjie harsh gewees wat jy gese het, maar bygese ons was ook nou nie daar om dit te beleef nie, ons voel vir jou! Ons kry sommer skaam vir sy gedrag en die gedrag van sy pelle. Nogtans dink ek dit is heel onnodig om dit in die koerante te plaas en op n web tuiste, terwyl daar soveel erger dinge is wat aan gaan in die plek wat af geskeep word om rede mense eerder vir n groot sensational storie wil gaan en ander afbreek as om te fokus op die wat wertlik geldig is. bv. te kort aan werk, behuising ens maar nou ontwrig jul jul oor sulke klein onbenullighede. ek se nie wat hul gedoen het is reg nie, maar moet my ook nie die storie spin dat jy nooit enige embarrising and uncontrolable moment gehaad het nie, die bruid is wonderlik en om haar so te verneder is vir my net so sleg soos die aksies van die jong spul, wie gee vir jou die reg om puppet show te speel met ander se lewens en opinies oor die persoon wie hulle lief het vir wat okal die rede dit is hul perogitive. fair enough jy mag seker se wat jy wil, maar ons almal maak ons bed op en ek persoonlik dink dit is nie jou plek om dit te doen vir iemand anders nie.
jammer namens die lot, ek is seker hul gewete is darm in werking en hul hul les geleer het, wragties nou nie die skummel van die aarde soos baie ander daar buite wat erger an jaag en ander actually seer maak (behalwe visual scars!)
Posted 10 Feb 2010 by superbad
Ek kan dalk in n lang debat met jou betrokke raak oor hierdie sakie, maar dis nie die punt nie. Ek sal dit beslis nie sensasioneel noem nie - embarrasing? Beslis. En jammer, die bruidegom het sy bruid verneder, nie ek nie. Wat het hy verwag as hy sy kroonjuwele nogal voor die media uitskud? Respek en selfrespek in n gemeenskap is nie onderhandelbaar nie en humor het sy grense. En wat die puppet speel met ander se lewens betref - bietjie melodramaties sal ek sê. Jy kan maar vir meneer bruidegom gerusstel - hy is nie op n hit list nie. Die punt van WOMF is juis om opinie te lig - n basiese reg in n demokratiese land. Die eienaar van die pub was ongelukkig nie daar nie - en hy stem heelhartig met ons saam. Dit was werklik onsmaaklik. En ouens wat erger aanjaag kan maar weet hulle sal blootgestel word in die media. (Laasgenoemde is immers die gemeenskap se waghond!
Posted 10 Feb 2010 by katryntjie
Haai Katryntjie, jy het beslis n reg om jou opinie te lig! ek was ook al beval deur dronk mans wat my baie ongemaklik laat voel het, maar dit is hoekom ek nie meer in die tipe plekke uithang.
Volgens jou, mag arm mense nie die vreugde van die familie lewe ervaar? die naaste wat ons armes daaraan mag kom is om in sonde te lewe. "CLASSY!!". Twyfel of die man regtig gebedel het, synde dit hom verlee en subtiel sou maak.
hoe aandagtig moes jy nie kyk om op te let watter tipe onnie hy dra nie.
Selluliet, nie brad pit nie?
mvr/mej, is jy dalk n oujongnooi? bietjie suur omdat niemand hul naam wil ruk om almal se aandag te vestig op sy intensie om homself te bindaan jou?
Sou dit regtig n verskil maak as dit n mans model was wat ck dra? As wel, OPPERFLAKKIG?! as nie hoekom so iets noem? Dit se nie feel van hom nie maar dit se baie van jou.
seker dit was nie classy nie, maar klink na redelikke onskuldigge pret, al was dit net vir hulle, se nie hul het reg om te onstig soos hul lis kry, maar jy het sekerlik ook nie die reg om te se die man verdien nie om te trou en dat hy geen klas het nie.
dalk is dit tyd om bietjie in die spiel te kyk. Hoekom is niemand vir my lief nie? is jy dalk lelik van binne?
Posted 12 Feb 2010 by dobberjabber
Liewe dobberjabber
Net n paar goedjies vir jou kennisname
• Ek sal uithang waar ek wil - dronk mans is orals - dis n keuse hoe jy dit hanteer
• Om te bedel is NIE subtiel nie- n man wat wil trou moet finansieel daarvoor beplan - armoede het niks daarmee uit te waai ( aan hom en sy trawante se selfone was dit duidelik dat armoede NIE hier ter sprake was nie)
• Dit was onmoontlik om die onderbroek te mis aangesien hy sy ware letterlik in ons gesigte kom indruk het.
• Ek suur of oud? Inteendeel, ek lei n vol lewe - kies egter manne met smaak in onderbroeke ( en liefde is in oorvloed in my lewe so terloops)
• Die oomblik as pret ander mense se kuier begin bederf is dit nie meer onskuldig nie
• Ek kyk daagliks in die spieël (nie die spiel) en hou van wat ek sien
•"Ontstig soos hul LIS kry" (Gaan kyk in die HAT - daars n groot verskil tussen 'lus' en 'lis')
• En ja, hy het nie klas nie
Dus my liewe dobberjabber, om my persoonlik te probeer afkraak, baat jou niks - dit verander niks aan die feite nie!
Posted 15 Feb 2010 by katryntjie
Dit het 'n tradisie geword, jou vriende reel jou bachelors, skaapbraai en betaal vir als, dan moet die bruidegom mos plan maak om hulle terug te betaal ?
Mens noem dit FUN, die lewe is so 'n gejaag, mens kort bietjie afleiding.
As dit kommin of vlak is dan is ek maar kommin en vlak maar ek weet ek geniet so nou en dan die lewe.
Jammer as ek iets verkeerd gespel het of nie in die HAT die benaming gaan opsoek het nie...
Posted 17 Feb 2010 by LeetPro
Why should your idea of fun irritate me and interrupt a meal I'm paying for?
Posted 12 Mar 2010 by DeepRoller
Ek sal uithang waar ek wil - dronk mans is orals - dis n keuse hoe jy dit hanteer (OOOEEE, JYT JOU PUNT VERGEET!!!) SYNDE JY DRONK MANS MET N BAKLEIERY WIL HANTEER KAN JOU SEKER MA SE WAAR DIE BESTE PLEK SAL WEES... STABLES
• Om te bedel is NIE subtiel nie- n man wat wil trou moet finansieel daarvoor beplan - armoede het niks daarmee uit te waai ( aan hom en sy trawante se selfone was dit duidelik dat armoede NIE hier ter sprake was nie) SHAME, KEN DIE HAT UIT JOU KOP UIT MA STEEDS GEEN BEGRIP (JY BEWYS MY PUNT HIER, NIE JOUNE)
• Dit was onmoontlik om die onderbroek te mis aangesien hy sy ware letterlik in ons gesigte kom indruk het. "HINT"- HET JY OOGLEDE?
• Ek suur of oud? Inteendeel, ek lei n vol lewe - kies egter manne met smaak in onderbroeke ( en liefde is in oorvloed in my lewe so terloops)DUIDELIK IS HUL BAIE VERDRAAGSAAM, DALK MOET JY DIT N TRY GEE?
• Die oomblik as pret ander mense se kuier begin bederf is dit nie meer onskuldig nie (DIT IS N PUPLIEKE PLEK! HET HY JOU BETAS? HET HY JOU SEER GEMAAK? HET HY IETS BY JOU GESTEEL? HET HY IETS SLEG VAN JOU GESE? KLINK MY JY MEER SKULDIG AS HY)
• Ek kyk daagliks in die spieël (nie die spiel) en hou van wat ek sien FINE
•"Ontstig soos hul LIS kry" (Gaan kyk in die HAT - daars n groot verskil tussen 'lus' en 'lis') SORRY MAN
• En ja, hy het nie klas nie (SE WIE? WIE IS JY NOU UINTLIK OM TE KAN BESLUIT WIE HET KLAS EN WIE HET NIE. EN ONDER WATTER DEFINIESIE VAL DIT? WAAR IS DIE MEETSTAF? WORD DIT GEMEET AAN JOU? KLAS IS IETS WAT EK VINNIG KAN AN SMEER EN PLAK. JY IS DIE EEN WAT HIER ONDER PRAAT VAN FEITE, HIERDIE IS NIE N FEIT NIE.
Dus my liewe dobberjabber, om my persoonlik te probeer afkraak, baat jou niks - dit verander niks aan die feite nie! WATTER FEITE?
1 HOU DAARVAN OM UIT TE HANG WAAR DRONK MANS AS N REEL KUIER
2 DRONK MANS IS ORALS OM JOU
3 LEES EN BEGRIP KORT AANDAG
4 SLAAP OOP OE
5 KIES "MANNE" (MEERVOUD)
VAN HIERDIE "FEITE" WAT JY SELF GEGEE HET KAN EK OK AFLEI JY HET NIE KLAS NIE.
Posted 16 Mar 2010 by dobberjabber
MAAR EK DOEN NIE DIE JUDGE DING NIE, HOOGMOED NOEM HUL DIT. GIF! VIR DIE GEES, VIR DIE GEMEENSKAP.
DEEPROLLER.
SOME PLACES YOU CAN GO FOR A PAECEFULL MEAL... YOU KNOW WHAT REALLY TICKS ME OFF. WHEN I AM ABOUT TO PROPOSE AND ALL THE WAITORS START SINGING HAPPY BIRTHDAY AT THE TOP OF THEIRE VOICES. DO THEY HAVE THE RIGHT TO INTERUPT ME?
THEY SURE DO, CAUSE IF I DIDNT WANT TO BE INTERUPTED I WOULD HAVE TAKEN FIANCE TO A PLACE THAT I OWN/RENT. WHERE I CAN THROW EVERYONE OUT AND DEMAND SILENCE.
Posted 16 Mar 2010 by dobberjabber
Ek verwys jou maar vir n laaste keer na my laaste opmerking, naamlik dat dit jou niks gaan baat om my af te kraak nie, My selfbeeld is baie ouer as joune. En klas wat mens aansmeer, smelt baie vinnig in die Laeveldhitte! Ek gaan nou maak soos in die media: Hiermee is korrespondensie oor die onderwerp nou amptelik afgesluit. Kry vir jou n boks -slaansak - dis great om van pent-up frustrasies ontslae te raak!
Posted 17 Mar 2010 by katryntjie
Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.

Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0343
Users Online: 2869
x2: 1094.92 | 1095.16 Host ID: H5AB3-D7C0B1-B23828F865